Skip to main content

George April

Cederberg Eerste (CE) tesame met die Demokratiese Alliansie (DA) in die Cederberg munisipaliteit, sleep nou die huidige Cederbergse stadsraad Hooggeregshof toe.

Die Waarheid het onlangs berig oor hoe die Patriotiese Alliansie (PA) se burgermeester, Josef Farmer, die opposisie uit die Cederbergraad geskop het.  Dit was nadat die DA op 12 Oktober ‘n tussenverkiesing op Lambertsbaai gewen het. Die nuwe koalisie se raadslede was blykbaar uitgegooi omdat hulle vier vorige raadsvergaderings gemis het.

Selfs die kantoor van Anton Bredell, Minister van Plaaslike Regering, was nie seker wat in Cederberg se gange aangaan nie.

Die Waarheid kan egter nou bevestig dat die opposisiepartye op 22 November ‘n beëdigde verklaring by die Hooggeregshof ingedien het.  Dis omdat hulle die onlangse uitsprake van Maxwell Heins (speaker) bevraagteken, nadat hy die mosie van wantroue teen  homself, Farmer (burgermeester) en  ene Kamfer (onderburgermeester) afgekeur het.  Die Hooggeregshof sal op Vrydag 2 Desember uitspraak gee in die mosie wat die partye ingedien het.

Die Hooggeregshof het ook ‘n kennisgewing oor die “mosie van wantroue” aan Heins in sy persoonlike hoedanigheid, Farmer, Kamfer en aan Bredell uitgereik.  Daarin was die huidige raadslede tyd gegee om die mosie teen te staan.  Die grasie eindig vandag.  Indien hulle dit wel gaan teenstaan, het hulle kans tot Dinsdag om ‘n skriftelike beëdigde verklaring in te dien.

One Comment

  • Vranet says:

    Hy het seker ook vir die koning gesê daar is nie plaasmoorde in SA nie, dat apartheid die oorsaak van SA se probleme is dat sy kaders eerlike hardwerkende mense is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!