Skip to main content

Koning Charles het sy verwelkoming aan ons eie President Cyril ‘Ramafoza’ begin deur hom in 6 van ons swart landstale te groet, asook die Engelse woord ‘welcome’ te gebruik.

“Suid-Afrika, nes die Statebond, was nog altyd deel van my lewe. My ma het dikwels aan haar besoek in 1947, die jaar voor ek gebore is, teruggedink toe sy in Kaapstad op haar een-en-twintigste verjaardag belowe het om haar lewe aan die mense van die Statebond te wy. Dit is dus besonder roerend en besonders dat u ons gas is op hierdie, die eerste Staatsbesoek wat ons aangebied het.”

Koning Charles III het gesê Brittanje erken “die onreg wat ons verlede gevorm het” in sy eerste groot toespraak voor ‘n staatsbanket wat hy as die land se monarg aangebied het.

Koning Charles het in sy toespraak oor Brittanje se koloniale geskiedenis met Suid-Afrika gepraat, waarvan hy gesê het sekere aspekte “het diep hartseer ontlok”.

“Terwyl daar elemente van daardie geskiedenis is wat diep hartseer ontlok, is dit noodsaaklik dat ons probeer om dit te verstaan. Soos ek vroeër vanjaar aan leiers van die Statebond gesê het, moet ons die onregte erken wat ons verlede gevorm het as ons die krag van ons gemeenskaplike toekoms wil ontsluit,” het Koning Charles gesê.

President Ramaphosa het tydens die toespraak gereeld sy kop saggies geknik. Koning Charles het ook melding gemaak van die Statebond, waarvan Suid-Afrika een van die lede is. “Suid-Afrika,” het hy gesê, “nes die Statebond, was nog altyd deel van my lewe”.

Verlede jaar het Charles die “verskriklike gruweldaad van slawerny, wat vir ewig ons geskiedenis vlek” veroordeel in ‘n toespraak wat in Barbados gehou is.

Die staatsbanket is deur Kate Middleton, prinses van Wallis, Sophie, gravin van Wessex en koningin Consort Camilla bygewoon. Altesaam 163 mense, insluitend senior politici van beide die VK en Suid-Afrika, was by die banket teenwoordig.

2 Comments

Leave a Reply