Skip to main content

’n Kragtige aardbewing van 6.1 op die Richterskaal het Turkye se noordwestelike Duzce-provinsie getref en verskeie mense beseer asook elektrisiteit regoor die streek onderbreek.

Die aardbewing het vanoggend vroeg getref en het in die dorp Golkaya gesentreer, maar is volgens Turkye se Presidensie vir Ramp- en Noodbestuur tot sowat 200 kilometer (125 myl) oos in Istanbul, die hoofstad, gevoel. Die agentskap het gesê die eerste aardbewing is gevolg deur minstens 35 kleiner naskokke, wat paniek veroorsaak het, aangesien baie mense uit geboue gehaas het in dié streek wat geneig is tot aardbewings.

Daar was geen onmiddellike berigte van groot skade nie.

Die Turkse minister van binnelandse sake, Suleyman Soylu, het aan plaaslike media gesê 22 mense word in hospitale behandel, van wie sommige na bewering van balkonne of vensters af gespring het uit vrees dat hul geboue kan ineenstort. Hy het bygevoeg dat ten minste een persoon in ‘n ‘ernstige toestand’ was, maar het min ander besonderhede oor die beseerdes verskaf.

Die US Geological Survey het die skudding as ‘n 6.1 sterkte aangeteken het, maar plaaslike rampbeamptes het die primêre aardbewing op ‘n effens laer 5.9 geplaas, terwyl die Europese-Mediterreense Seismologiese Sentrum ‘n sterkte van 6.0 gerapporteer het. Dit het op ‘n diepte tussen 2 en 10 kilometer getref.

In ‘n massiewe aardbewing in die Duzce-provinsie in 1999 is daar sowat 800 sterftes aangeteken. In dieselfde jaar was daar nog ‘n skudding in die nabygeleë Kocaeli-provinsie, wat 17 000 sterftes tot gevolg gehad het.

Plaaslike amptenare het gesê die meeste van die geboue wat in die aardbewings van 1999 vernietig of beskadig is, is versterk toe hulle herbou is, wat daarop dui dat dit moontlik gehelp het om skade in vanoggend se skuddings te verminder.

Leave a Reply