Skip to main content

Die land hou styf duim vas dat dat anti-inentaktivis Schalk van der Merwe se gesondheid dramaties genoeg gaan verbeter dat hy die diamantmagnaat Louis Liebenberg more in ‘n boksgeveg in Midrand sal takel.
Liebenberg het Van der Merwe verlede week tot ‘n rondte in die bokskryt uitgedaag om ‘n einde te maak aan hulle voordurende regstryde.
Die belangstelling in die boksgeveg is so groot dat al die kaartjies vir die kragmeting binne drie ure uitverkoop is.
Klaarblyklik is Van der Merwe gister vir die week medies afgeboek.
Die hooggeregshof in Bloemfontein het Van der Merwe verlede maand beveel om alle lasterlike uitlatings oor Liebenberg van Facebook af te verwyder.
Intussen het die entstofaktivis se vrou, Leoni, vroeg vandeesmaand die hof genader om ‘n beskermingsbevel teen Liebenberg toe te staan.
Volgens haar word sy “geteiken deur mense wat haar man haat”. Die aansoek sal na verwagting more in die landdroshof in Pretoria-Noord aangehoor word.

Leave a Reply