Skip to main content

Sproete, dermatologies genoem efeliede en gewoonlik sinoniem met jeugdiges, word vandag regoor die wêreld gevier.

Hierdie ‘sonsoentjies’ was egter nie altyd gewild nie, en was tot redelik onlangs gesien as iets ‘onoogliks’.

Sproete is nie ‘n ‘uiterlike eienskap’ wat net by ons rooikoppe voorkom nie. Dit kom selfs by sekere Afrika-etniese groepe, Sjinese, Japanese, Israeliese, Franse en Mediterreense mense voor.

Sproete is afgelei uit die middel-Engelse woord freken, wat waarskynlik van Skandinawiese oorsprong is, volgens Webster se woordeboek.

Nou ja toe, as jy sproetjies het, is vandag jou kans om dit met ‘n breë glimlag vir die wêreld te vertoon.

Leave a Reply