Die Augrabies-waterval in die dorre Noodweste van die Noord-Kaap loop met ‘n krag wat inwoners in jare nie gesien het nie.
André Cronjé van Die Waarheid het gister daar verbygery, en kon sy kamera eenvoudig nie met vrede laat nie.
“Die plaaslike mense sê dit gebeur nie dikwels dat daar sulke oorweldigende hoeveelheid water te sien is nie,” vertel hy.