Skip to main content

Vandag is die perfekte dag vir mense wat ander deur middel van vals belydenisse wil toets. As jy dis ‘n poetsbakker is, is vandag jou kans om dit op ‘n lekkerlag-manier te doen.

Bely oor iets wat nooit gebeur het nie en kyk hoe die mense reageer. Dit is noodsaaklik dat, as jy só iets wil doen, jy in ag neem dat dit net onskadelike grappe moet wees.

Jy kan, as jy wil, hierdie dag tot jou voordeel gebruik. Bely dalk ‘n waarheid, maar omdat die ander persoon/persone dink dis ‘n poets, kry jy iets van jou hart af wat jou al vir lank pla. Belydenis kan ‘n wonderlike ding wees!

Hierdie is volgens tradisie dus ‘n dag wat verwarring en verbystering by mense moet veroorsaak. Op ‘n grappige  manier.

Ek dink ek gaan nou vir my kinders vertel dat ek hulle pa verneuk het terwyl ons getroud was; iets waarvoor ek hóm uitgeskop het. Het dit regtig gebeur, of is dit ‘n vals waarheid?

Leave a Reply