Een person is dood en twee ernstig beseer toe ‘n swart BMW X5 van die Presidensiële Beskermingsdienste vandag op die N4 tussen Nelspruit en Middelburg gerol het.
Na wat verneem word, was die konvooi deel van vise-pres. David Mabuza se beskermingsdienste. Die ongeluk het naby die Arnot-afrit plaasgevind.
Volgens die Middelburg Observer was die konvooi met die adjunk-president op pad na ‘n geleentheid in Pretoria.