Skip to main content

Die vaquita, die wêreld se mees bedreigde seesoogdier, kom net op een plek in die wêreld voor: Die Golf van Kalifornië. Volgens kenners is daar net 10 van hierdie diere oor.

Die vaquita is die kleinste walvisspesie in ons oseane. Hulle word slegs sowat 1,5m lank en weeg ‘n skrale 55kg. Mense wat hulle al gesien het, het opgemerk dat hulle soos ‘n panda met ‘n glimlag op sy gesig lyk vanweë hul opwaartse-geboë lippe en swart kringe om hul oë.

Hierdie soogdiere leef in warm water en kan watertemperature van tot 36° Celsius verdra.

Leave a Reply

error: Content is protected !!