Skip to main content

Marie Meyer

Die vreugdevure van die Vryheidsfront Plus het gisteraand hoog gebrand met die oorwinning van Jeedee Cloete as die nuutverkose raadslid van wyk 1.

Die tussenverkiesing in Bela-Bela se wyk 1 het vir ’n regse ommeswaai gesorg toe Cloete, 59% van die stemme verower het.

Cloete was sedert November 2021 ’n proposionele raadslid van die Bela-Bela munisipaliteit.

Wyk 1 se vorige wyksraadslid, Tinus Ras van die Demokratiese Alliansie (DA), het in Julie vanjaar weens gesondheidsredes bedank en dit het gelei tot ‘n tussenverkiesing.

Cloete het gisteraand na die tel van al die stemme geseëvier met 915 stemme, teenoor Rika Kruger van die DA wat 546 stemme gekry het. Die DA het in die vorige verkiesings wat verlede jaar gehou is, 1 323 stemme verwerf.

Die ANC se Bianca Moco en die EFF se Abram Mohlala Mahlomola het onderskeidelik 84 en 23 stemme verower.

Uit die 3 697 geregistreerde kiesers het daar net 1 568 inwoners gaan stem. Die VF Plus het met 75% in aantal stemme vanaf verlede jaar se verkiesing gegroei. Daarteenoor het die DA se aantal stemme afgeneem met 58.7%.

Wyk 1 was vir jare in DA besit. Die inwoners is veral erg beswaard oor swak dienslewering en die infrastruktuur in die dorp wat nie onderhou word in die ANC beheerde munisipaliteit nie.

Leave a Reply