Skip to main content

Motoriste in Suid-Afrika word vroegtydig gewaarsku dat daar meer sigbare polisiëring en padblokkades oor die feesseisoen sal plaasvind.

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) gaan ook streng optree teen eienaars wie se voertuie nie padwaardig is nie. Indien ‘n voertuig as onpadwaardig verklaar word, sal dit op die plek geskut word.

As jou motor dus foutiewe ruitveërs, gladde bande, ligte/flikkerligte wat foutief is, onklaar remme of selfs ‘n gekraakte voorruit het, gaan jy in die sop wees.

Voertuie wat geskut word, sal eers, benewens ‘n stewige boete en skutfooie, ook ‘n padwaardigheidstoets moet slaag voordat dit weer op die pad toegelaat sal word.

Bestuurders wat gedrink het en oor die toegelate alkohol-perk van meer as 0,05g per 100 milliliter is, sal ook dadelik gearresteer word.

Voertuig- en bestuurslisensies sal ook onder die vergrootglas wees weens talle korrupsie en bedrogsake wat by lisensiesentrums ontbloot is.

Leave a Reply