Skip to main content

Dirk Lotriet

Ek kan vir geen oomblik glo dat Louis Liebenberg vir enige mens in nood kan sê “f*kof, dis nie my probleem nie”.

Ek ken Louis al vyf jaar, en in my 56 somers op hierdie treurige aarde het ek nog nooit ‘n sagmoediger, meer vrygewige mens raakgeloop nie.

‘n Jaar gelede het my oë skielik dramaties verswak. En nadat ek Covid opgedoen het, het my sig tot seker rondom 30% verswak.

Ons het nie in daardie stadium ‘n siekefonds gehad nie en toe Louis sien dat ek sukkel om te lees, het hy my dadelik gestuur om my oë te laat regmaak. Hy het elke liewe rekening vir twee operasies betaal. En skielik, vroeg vanjaar, kon ek weer perfek sien – danksy Louis Liebenberg.

Die verskil was lewensveranderend. Ek gebruik by uitsondering ‘n leesbril. Daardie man het nie ‘n oog geknip om my lewe ten goede te verander nie. Ek sal hom altyd daaroor dankbaar wees.

Deesdae koop ek elke week vir my vrou blomme – nie omdat ek romanties is nie, maar omdat ek die kleure weer kan sien.

My oë is nie uniek nie. Ek het al dikwels gesien hoe hy geld uit sy sak aan kleuterskole en kerke skenk. En mense wat hulp vra omdat hulle met gesondheid sukkel.

“Ek is seker hy sal nooit aan iemand wat hulp vra so iets sê nie. Ek sal altyd opstaan vir hom,” sê Ria van Wyk, die beskermdame van Afrikaanse musiek.

“Twee jaar gelede het hy my eendag gebel om te hoor hoe dit gaan. Ek het hom vertel van ‘n oogoperasie wat skeefgeloop het. Hy het my bankrekeningnommer gevra en R30 000 daarin betaal sodat ek die opvolgoperasie kon laat doen.”

Ria vertel hoe die diamantmagnaat een maal gesien het dat haar karretjie bietjie afgeleef vertoon. “Hy het dit vir my laat regmaak – spuitverf, ‘n diens, herstelwerk… alles!”

Sy vertel Louis het verskeie kere vir haar geld gegee om te kan oorleef. “Partykeer kan ek nie meer luister hoe hulle hom boelie nie. Maar daar is baie mense wat hy al gehelp het. Dis ‘n godswonder hoe hy net vir mense gee en gee,” sê sy.

“As dit nie vir hom was nie het ek nie vandag ‘n regtervoet of -been gehad nie,” sê Tish Swanepoel van Krugersdorp.

“Ek het ‘n snyplek op my toon gehad. Dit was nie ernstig nie. Ek het tydens ‘n besoek aan die Kaap kaalvoet op die strand geloop en later, terug tuis, het my toon lelik ontsteek. Ek het die wond gedokter en hy het gesond geword. Maar nie heeltemal nie…

Die seerplek het net groter geword. Ek het alles probeer, maar dit het in bloedvergiftiging en gangrene ontaard. Ek is na ‘n staatshospitaal, waar hulle dit net verbind het en my teruggestuur het.”

Dit het nie gehelp nie, en later is sy met die erg ontsteekte voet terug staatshospitaal toe.

“Toe het Louis daarvan te hore gekom. Hy het my uit die staatshospitaal laat haal en my na ‘n privaathospitaal toe gestuur. Hulle is reguit met my teater toe, waar die voet wonderbaarlik gered kon word. Louis het heeltyd by my gestaan en al die onkoste gedra,” sê sy.

“Ek is dit aan Louis te danke dat ek vandag kan loop.”

Swanepoel sê Louis se goedhartigheid het verder as net die geweldige onkoste vir haar mediese rekening gestrek. “Hy het so baie vir my beteken. Hy het my terug na die Here toe gelei. Ek kan jou nie vertel hoe baie hy vir my gedoen het nie.”

Hierdie vrou kan weer glimlag, en dit alles te danke aan Louis Liebenberg:

4 Comments

  • Klaas WentzeL says:

    Ek stem saam met jou – Louis sal nioot maar nioot vir enige iemand, JV Vernoot of nie, se se hy moet f—off as hy erenstige siekte in die gesin het nie. . Louis klink partymaal maar beneuk maar hy doen dit inbelang van FDG en ons belange. Louis is n mense mens en ek het hom leer ken as n groot reus met n baie klein hartjie.

  • Dawid Jansen says:

    Dankie vir jou grootmoedige hart Louis, ons Hemelse Vader sal jou seen

  • Colin says:

    Dit is my getuienis van Louis ook. Sonder om te skroom het hy my gehelp. Daarom kan niemand hom by my swartsmeer nie. Waarlik ‘n man met ‘n hart van goud.

Leave a Reply