Skip to main content

George April

Meer as ‘n maand nadat ‘n tussenverkiesing plaasgevind het in Lambertsbaai, is kiesers nog onseker wie regtig in beheer van Cederberg munisipaliteit is.

Cederberg munisipaliteit is nou al vir jare in die nuus om die verkeerde redes, en die huidige onsekerheid van kiesers is nie ‘n verrassing nie.

Die Demokratiese Allansie (DA) het op Woensdag 12 Oktober die tussenverkiesing op Lambertsbaai gewen nadat die vorige raadslid uit die raad geskop was. Na die munisipale verkiesing van 28 Oktober is die Cederberg munisipaliteit regeer deur ‘n ANC/PA-koalisie.

Die tussenverkiesing is afgedwing, nadat die Cederberg Eerste Party (CE) se raadslid, Thomas Waldeck uitgeskop is weens beweerde ongeruimdhede wat plaasgevind het. Waldeck het met die munisipale verkiesing in Oktober 2021 raadslid op Lambertsbaai geword. Dit was ook die eerste keer dat die nuutgestigde CE party aan ‘n verkiesing deelgeneem het.

Na die tussenverkiesing is ‘n gesamentlike mediaverklaring deur die CE, DA en VF Plus uitgereik dat die nuwe koalisie gestig was. Dis nadat John Hayes van die DA die Lambertsbaai/Leopoldville se nuwe raadslid geword het.

Die nuwe koalisie is egter na die mediaverklaring, deur die Patriotiese Alliansie (PA) se burgermeester, Josef Farmer, uit die Cederbergraad geskop. Volgens ‘n betroubare bron het wetstoepassers die raadslede verwyder.

Wouter Kriel, mediawoordvoerder van Anton Bredell, Minister van Plaaslike Regering, het die verwydering van raadslede bevestig. Kriel het dit bevestig en gesê dat raadslede Ruben Richards, Martin Bergh en Thomas Waldeck (CE) versuim het om vier opeenvolgende raadsvergaderings by te woon.

In ‘n daaropvolgende navraag het Kriel egter ontken dat die raadslede amptelik uitgeskop is. Volgens die woordvoerder het Bredell nog geen amptelike kommunikasie ontvang oor ‘n proses om die raadslede te skors nie.

Cederberg streek se kiesers sal dus nog ‘n tydjie moet wag voordat hulle sal weet wie regtig aan die stuur van sake is.

Leave a Reply