Skip to main content

Afrikaans word erken as die jongste amptelike taal in die wêreld, en ons het ‘n paar interessanthede omtrent ons taal gaan opdiep.

Nie net is Afrikaans ‘n betowerende taal nie, maar haar wortels lê diep. Sy bestaan uit drie historiese eie dialekte wat saam óns taal maak: Noord-Kaaps, wat ‘n mengsel is van Khoi-Khoi en Nederlands, Oos-Kaaps, wat ‘n mengsel is van Xhosa en Nederlands, en Wes-Kaaps, wat uit Kunene-tale en tale uit die Groot Karoo saamgestel is. Hierdie dialekte is dan saam met Wes-Germaanse tale ge-‘koeksister’ om dìt wat ons vandag praat, te word.

Het jy geweet dat Afrikaanssprekendes Hollands beter verstaan as wat die Hollanders Afrikaans verstaan? En dat Afrikaans by nege Europese universiteite sowel as vyf Amerikaanse universiteite én in Namibië as ‘n vak aangebied word? Dit is nie ongewoon nie, aangesien ons taal diep wortels in Asië, Europa en Afrika het.

Afrikaans, wat in die Latynse alfabet geskryf word, word wyd oor die wêreld gepraat, en is die derde grootste taal in Afrika. Sy bestaan uit ‘n 26-letter alfabet en gebruik diakritiese tekens en kombinasies van digraaf- en trigraafletters.

Sy het reeds in 1850 in druk begin verskyn. Deesdae is sy ook deel van ‘n geheime taal wat in tronke gepraat word.

Daar is min tale waar één woord verskeie betekenisse kan hê, en ons taal is ‘n baanbrekers op dié gebied.

Vandag kan ons – in ons eie taal – trots wees op haar ryk kulturele erfenis.

Wat is jóú gunsteling Afrikaanse woord?

Afrikaans, ons praat jou met trots!

my tong se taal

loop langpad

oor die berge

vir voortbestaan;

duwweltjies steek,

haar wortels breek

plek-plek, maar

sy stu v-o-o-r-t

teen onderdrukking

vir self beskikking…

taalbulle buk

kop-omlaag

reg vir veg

teen anti-wesens.

Afrikaans,

ons lief jou dik stukke!

Leave a Reply

error: Content is protected !!