Almal dink dat varke vuil is, maar die enigste rede hoekom hulle in modder rol, is omdat hulle nie sweetkliere het nie.
Iets wat my omtrent varke verras het, is dat Concordes die loef afgesteek word deur varke se geskreeu. ‘n Vark se geskreeu kan tot 115 desibels bereik teenoor ‘n Concorde se 112.
Varke kan op elke kontinent gevind word behalwe Antarktika.
Deesdae se varkboere in die VSA kan die Spaanse ontdekkingsreisiger, Hernando de Soto, bedank dat hy in 1539 die eerste varke na daardie vasteland gebring het.
Hierdie soogdiere kan beter proe as mense; hulle het 15 000 smaakpapille teenoor ons 9 000. Hulle drink ook geweldig baie water en kan tot 50l water per dag suip.
Denemarke het die helfte minder mense as wat hulle varke in die land het.
Daar was selfs ‘oorlogvarke’ vanweë hul uitstekende reuksintuig. Nes rotte, kan hulle ook myne uitsnuffel.
Die grootste vark in menseheugenis genaamd Big Bill het ‘n allemintige 1 157kg geweeg. Hierdie Poolse vark hou steeds die wêreldrekord met hierdie gewig.