Skip to main content

Die Protea Rilee Rossouw se uitstekende 109 van net 56 aflewerings in die T20-Wêreldbekerwedstryd teen Bangladesh het hom met 17 plekke op die internasionale ranglys vir kolwers in hierdie formaat laat spring om skielik die agtste plek te beklee.

Aiden Markram is die enigste ander Suid-Afrikaner onder die top tien op die ranglys. Die Suid-Afrikaans-gebore Dawid Malan is egter sesde.

Suryakumar Yadav is die nuwe topkolwer in T20I-krieket. Hy het verby Mohammad Rizwan geskuif om die boonste posisie op die opgedateerde ranglys in te neem.

Suryakumar was tot dusver fantasties op dreef in die Wêreldbeker met twee vyftigtalle in sy eerste drie kolfbeurte. Sy 68 van slegs 40 balle teen Suid-Afrika het gekom in toestande waar ander Indiese kolwers vasgebrand het. Hy is ook die voorste lopievraat in T20I’s in 2022, met 935 lopies insluitend ‘n honderdtal.

Leave a Reply