Skip to main content

Die beroemde vyf: Vyf en ’n tweede avontuur (2) deur Enid Blyton

“Kyk! Dis die dief!
Toe, ons moet hom vastrek!”

Toe die vyf vriende ’n antieke kaart ontdek wat hulle na ’n geheime paadjie lei, kan hulle skaars wag om verdere ondersoek in te stel. Dan verdwyn oom Quentin se belangrike dokumente, en die soektog ontaard in ’n ware skattejag. George en Timmy het hond se gedagtes oor wie nou eintlik die skurk is … maar kan die vyf vriende saamwerk om die raaisel op te los?

Pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik.

Enid Blyton is een van die gewildste en mees vertaalde kinderboekskrywers van alle tye. Meer as 500 miljoen eksemplare van haar boeke is al wêreldwyd verkoop. Enid was versot daarop om vir kinders te skryf. Sy het meer as 600 boeke en honderde kortverhale geskryf. Die Beroemde vyf-reeks (oftewel The Famous Five), vandag al 75 jaar oud, is die heel gewildste.

 

Leave a Reply