Skip to main content

Die wêreld is gaande oor Charlize Theron soos sy in die advertensieveldtog vir ‘n nuwe parfuum deur die modehuis Dior lyk.

Die parfuum, J’adore Parfum d’eau, wat in September in Europa vrygestel is, is Dior se eerste geur wat geen alkohol bevat nie.

Charlize dien reeds sedert 2004 as die gesig van J’adore, maar sy het nog nooit so aangrypend gelyk soos in die 2022-advertensie nie. Op die advertensiefoto lyk dit of die 47-jarige aktrise nie ‘n dag ouer as 22 is nie.

Die betowerende foto vertoon die Suid-Afrikaanse aktrise wat bostukloos poseer met die parfuumbottel in die hand. Die pragtige blondekop dra haar hare in ‘n golwende styl en dra ‘n goue halssnoer met lae ringe, wat soos die bottel se verpakking lyk.

Leave a Reply