Skip to main content
Johan Joachim du Plessis het vanoggend R100 000-prysgeld gewen in Forever Diamonds and Gold se tweede vennootwerf-kompetisie. Nes die eerste wenner, Christiaan Hendrik van Staden, is hy van Nylstroom. Du Plessis vertel hy het ‘n hele maand afgeneem net om op die kompetisie te fokus en het hoofsaaklik in winkelsentrums in Pretoria gewerk om nuwe lede te oorreed om aan te sluit. “Mag dit groei,” het Louis Liebenberg, eienaar van Forever Diamonds and Gold tydens die oorhandiging aan Du Plessis gesê, en dis presies wat die wenner in gedagte het. “Moenie verbaas wees as ek dit binne ses maande meer as verdubbel nie,” het hy na afloop van die geleentheid gesê.

4 Comments

Leave a Reply