Skip to main content

Ons liggame is ons tempels. En ons tempels huisves ‘n hele paar interessanthede. Hier is ‘n aks daarvan:

Het jy geweet dat een gemiddelde menslike liggaam soveel vet bevat dat dit tot sewe blokkies seep kan maak? Nou nie dat ek dit sal probeer nie…

Jy knip gemiddeld 20 keer per minuut jou oë, en jou korneas funksioneer as gevolg van suurstof wat dit direk uit die lug haal.

Iets wat vir my ongelooflik klink is dat, wanneer mense bloos, die voering in hul mae ook rooi word. Vandaar die warm gevoel onder jou ribbes as jy sou skaam kry.

‘n Skrikwekkende feit is dat jou brein homself sal begin ‘eet’ sodra jou liggaam uiterste hongersnood ervaar.

‘n Kwart van al die bene in jou liggaam is in jou voete.

Jou linkernier sit effe hoër in jou liggaam as die regter een.

Elke mens het, nes ‘n unieke stel vingerafdrukke, ook ‘n unieke tongafdruk.

Jy produseer ongeveer 25-000 liter speeksel in ‘n leeftyd.

En al ooit gewonder hoekom jou neus en ore aanhou groei nadat jy puberteit bereik het? Kenners meen dat ons swaartekrag hiervoor kan blameer.

En vir die wat wil weet hoekom sommige ‘gas-agtige glipsies’ onwelriekend is … dis vanweë gefermenteerde bakterieë in jou buik.

Leave a Reply