Skip to main content

TITEL: Die beroemde vyf: Vyf op ’n skateiland (1) deur Enid Blyton

“Daar is iets anders daar doer in die see,
daar ver by die rotse – iets donker en groot wat lyk
of dit elke nou en dan slingerend deur die branders
breek – en dan weer terugval. Wat sou dit wees?”

Julian, Dick en Anne bring die vakansie saam met hulle niggie George en haar hond Timothy deur. Terwyl hulle Kirrin-eiland verken, ontdek hulle iets opwindends wat hulle tot diep in die kerkers onder Kirrin-kasteel lei. Wie – en wat – wag daar op hulle?

Pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik.

Enid Blyton is een van die gewildste en mees vertaalde kinderboekskrywers van alle tye. Meer as 500 miljoen eksemplare van haar boeke is al wêreldwyd verkoop. Enid was versot daarop om vir kinders te skryf. Sy het meer as 600 boeke en honderde kortverhale geskryf. Die Beroemde vyf-reeks (oftewel The Famous Five), is die heel gewildste.

 

Leave a Reply