Skip to main content

Daniil Medvedev moes Sondag alles uithaal by die Eerste Bank Ope in Wene om Denis Shapovalov met 4-6, 6-3, 6-2 te verslaan om só sy tweede toervlaktitel vir hierdie seisoene te verower.

Die topgekeurde is in ‘n vermaaklike eerste stel deur Shapovalov oorrompel. Die Wêreld se nr. 4 het egter geweier om onder druk te swig gedurende die twee uur, 16-minute stryd, en het met groter diepte en beter akkuraatheid in die tweede en derde stelle toegeslaan om Shapovalov te dwing om foute te maak in die ATP 500-byeenkoms.

“Ek is regtig in my skik,” het Medvedev gesê. “Hierdie wedstryd was die beste van die week, want Denis het regtig uitstekend gespeel tot waarskynlik 4-3 in die tweede stel. Hy het toe sy spel met miskien twee persent laat sak en ek kon dit gebruik. Dit is een van die beste oorwinnings as jy weet jou teenstander loop voor, maar jy probeer byhou en doen wat jy kan.”

Voor ‘n volgepakte skare in die kampioenskapswedstryd het Medvedev magiese oomblikke in die derde stel opgelewer toe hy die aanval van Shapovalov met ‘n reeks verstommende verbyskote oorleef het.

Medvedef het nou 15 toervlaktitels gewen, sewe daarvan op binnenshuise harde bane.

Leave a Reply