Skip to main content

Inwoners van die Vaaldriehoek kon gister weer by die spoggerige vierster-Lord Signature Hotel in Risiville uitspan vir die River Vaal Boeremark.

Die mark, wat elke laaste naweek van die maand plaasvind – behalwe Desember, wanneer die tiende die marknaweek inlui – is reeds ‘n instelling onder inwoners van die streek omdat daar vermaak vir oud en jonk aangebied word.

Forever Diamonds and Gold is die amptelike verhoog-, klank- en kunstenaarborg. Vanoggend om elf was daar ‘n sangkompetisie waar een gelukkige nagtegaal met R1 000 kontant kon wegstap.

Dit was egter net ‘n lusmakertjie – vandag om een tree die mansgroep ADAM op.

Leave a Reply