Skip to main content

Duisende mense in kleurryke tradisionele uitrusting het van vroegoggend opgeruk na Durban se Moses Mabhida stadion vir die inhuldiging van een van die invloedrykste koningshuise in Afrika se nuwe koning.

Koning Misuzulu Zulu se inhuldiging volg op ‘n jaar se bittere familietwis in die AmaZulu-koningshuis oor wie die volgende monarg moet wees.

Pres. Cyril Ramaphosa gaan vandag die hoofspreker wees en hoofregter Raymond Zondo gaan die aflê van die eed behartig.

Hooggeplaasdes van al die groot politieke partye word verwag.

Leave a Reply