Skip to main content

Die Amerikaners is besig om goed keelvol vir pres. Joe Biden te raak.

Volgens ‘n nuwe peiling deur Reuters en Ipsos, waarvan die resultate pas bekend gemaak is, het Biden se goedkeuringskoers onder sy volksgenote tot net 39% gedaal.

Biden se groeiende ongewildheid kom op die mees ongerieflike tyd denkbaar. Die Amerikaners gaan oor minder as twee weke stembus toe vir die middeltermynverkiesing, en op grond van onlangse peilings kan Die Waarheid voorspel dat die Demokrate waarskynlik beide die Huis van Verteenwoordigers sowel as die Senaat kan verloor.

Dit kan Biden se hande vir beduidende projekte vir die res van sy presidentstermyn afkap.

Dit is veral inflasie en die geweldige lewenskoste in Amerika onder Biden se presidentskap wat kiesers die harnas in jaag.

Leave a Reply

error: Content is protected !!