Skip to main content

’n Matriekleerling van Gqeberha (Port-Elizabeth) het tragies gesterf toe sy skool vir ’n uitstappie by ’n vakansieoord was.

Die voorval het Sondag by die Willow Grove vakansieoord se getypoel plaasgevind.

“Die nooddienste het dadelik op die toneel die getypoel begin fynkam vir die 18 jarige,” sê Jonathan Tufts, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).

Volgens hom was daar twee ander leerlinge wat ook in die moeilikheid was, maar hulle het dit reggekry om uit die getypoel te kom en het geen beserings opgedoen nie.

“Plaaslike inwoners en werkers van die vakansieoord het die NSRI bygestaan om te soek vir die leerling.

“Die duikers het die leerling in die getypoel gevind en mond-tot-mond-asemhaling is toegepas, maar die 18 jarige het dit ongelukkig nie gemaak nie,” sê Tuft.

Verdere detail is nog nie bekend nie.

Leave a Reply