Skip to main content

Nadat loononderhandelinge tussen die Cosatu-vakbonde en die regering misluk het, blyk ‘n reuse-staking wat die land lam kan lê, onafwendbaar. Aldus die vakbondfederasie se gesamentlike mandaatkomitee (JMC).

Die Cosatu-vakbonde, wat die Police and Prisons Civil Rights Union (Popcru), die South African Emergency Personnel’s Union (Saepu), die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) en die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika (Denosa) insluit, eis ‘n 10% loonverhoging nadat die regering glo sy aanbod om lone met 3% te verhoog van die tafel verwyder het.

Die vakbonde het nou ‘n dispuut verklaar. Mediasie sal op 31 Oktober plaasvind.

Leave a Reply

error: Content is protected !!