Skip to main content

Gisteraand was die eerste keer dat Suid-Afrikaners ingelig is oor die staatskaping, die gevolge van staatskapers, en die planne vir die toekoms met betrekking tot die skuldiges.

President Cyril Ramaphosa het op 22 Oktober 2022 die speaker van die Nasionale Vergadering, me Nosiviwe Maphisa-Nqakula, in kennis gestel dat hy sy reaksie op die aanbevelings van die geregtelike kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping, korrupsie en bedrog in die openbare sektor sowel as staatsorgane, aan die parlement sal voorlê.

Die kommissie, wat deur hoofregter Raymond Zondo gelei is, is gestig as deel van die regstellende aksie vervat in die verslag van die Openbare Beskermer wat reeds op 2 November 2016 vrygestel is.

In ooreenstemming met die regstellende aksie vervat in die openbare beskermer se verslag en soos vereis deur die uitspraak van die Gautengse hooggeregshof op 23 Februarie 2022, het pres. Ramaphosa sy voornemens met betrekking tot die implementering van die kommissie se aanbevelings uiteengesit.

Die dokument van 76 bladsye sit die benadering tot die kommissie se bevindinge en aanbevelings uiteen, die metodologie vir die ontwikkeling van die reaksieplan en die implementering van die reaksie.

Die president se reaksie gee ‘n uiteensetting van die stappe wat die regering neem om die kommissie se aanbevelings te implementeer met betrekking tot optrede teen die oortreders van staatskaping en hervormings om toekomstige staatskaping te voorkom, sowel as die breër sistemiese hervormings wat voortspruit uit die werk van die kommissie.

Besonderhede vir publieke toegang tot die dokument sal mettertyd bekend gemaak word.

Leave a Reply