Skip to main content

Die voormalige Sambo-wêreldkampioen Islam Makhachev het gisteraand in Abu Dhabi die UFC se liggewigkroon verower deur Charles Oliviera in die tweede rondte van hul wêreldtitelgeveg met ‘n driehoek-wurggreep tot oorgawe te dwing.

Nes sy afrigter, die legendariese Khabib Nurmagomedov wat die titel vakant gelaat het toe hy in Maart verlede jaar onoorwonne uitgetree het, kom Makhachev van Dagastan.

Die UFC se liggewigkroon word as een van die heel grootste prestasies in internasionale gemengde gevegskuns gesien.

Sedert Nurmagomedov se uittrede het Oliviera die afdeling oorheers.

In die voor-hoofgeveg het Aljamain Sterling die kapokgewigtitel verdedig deur die voormalige kampioen TJ Dillashaw in die tweede rondte uit te slaan.

Leave a Reply