Skip to main content

Die monument wat net buite Bloemhof vir Bles Bridges opgerig is op die plek waar hy 22 jaar gelede verongeluk het, is gevandaliseer.

“Ek is nie heeltemal seker wat die arme siel probeer bereik het nie, want so mooi en kosbaar soos wat daardie gedenksteen vir ons is, en al het jy, wie jy ookal is, dit nou loop verwoes, sal jy nooit, in alle ewigheid, my pa se nalatenskap kan uitwis nie. Hy leef in ons harte en sy musiek is steeds in ons ore en dit sal nooit verander nie,” het sy dogter, Sunette uit Amerika gesê.

Die Afrikaanse musieklegende Ria van Wyk, wat onder meer die renperd Red Hot Sun saam met Bles besit het, sê dit is geweldig seer om die gedenksteen so te sien.

Bridges se loopbaanhoogtepunt was toe hy vyf keer op een naweek by ‘n uitverkoopte 8 000-sitplek Superbowl by Sun City opgetree het – die eerste en enigste kunstenaar wat dit ooit kon doen.

Bles is op 24 Maart 2000 in ‘n motorongeluk dood, en het sy vrou, Leonie, en kinders Sunette en Victor agtergelaat. Meer as 20 000 roubeklaers het vir sy begrafnis opgedaag.

Leave a Reply