Skip to main content

Die verkiesingswysigings-wetsontwerp wat gister in die parlement aanvaar is, bestaan nêrens anders in ander lande nie.

Die wetsontwerp is meestal daarop gemik om onder andere sekere definisies in te voeg wat as gevolg van die uitbreiding van die Wet geag word om onafhanklike kandidate as deelnemers aan verkiesings in die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers in te sluit. Dit poog om voorsiening te maak vir die benoeming van onafhanklike kandidate om in verkiesings in die Nasionale Vergadering of provinsiale wetgewers mee te ding en maak ook voorsiening vir die vereistes en kwalifikasies wat nagekom moet word deur persone wat as onafhanklike kandidate wil registreer.

Die resultaat in die parlement-stemmery: 232 LP’s was pro die wetsontwerp, 98 daarteen, en drie het hul stemme weerhou.

Burgerlike groepe was heftig gekant teen hierdie proses, wat nou aan die Nasionale Raad van Provinsies voorgelê sal word. Dit beteken egter dat nog groot werk voorlê om dit aanvaar te kry aangesien elke Provinsiale wetgewer dit moet bespreek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!