Almal is bewus daarvan dat kolibries (hummingbirds) piepklein voëltjies is, maar nie almal weet dat hulle minder as vyf gram, effe meer as die gewig van ‘n 20c muntstuk, weeg nie. Hul fyn, ligte gestaltes dra by tot hul vinnige vlugvernuf.
Kolibries kan in ‘n oogwink voor jou oë verdwyn, nes die feëtjies in tekenprente. Hulle is ook die enigste voëlsoort wat in trurat kan vlieg.
Hul grootte maak hul vanselfsprekend die kleinste trekvoël in die wêreld. Weens die spoed wat hulle kan handhaaf, kan hulle sowat 800km in 22 uur aflê sonder om te rus.
Omdat hul voetjies ná aan hul liggame sit, kan hulle glad nie op plat oppervlakte hop of loop nie. Dis hoekom jy hul nooit op die grond sal aantref nie.
Hulle het hul name gekry vanaf die bromgeluid (hum) wat hul vlerke maak: 60 tot 80 bewegings per sekonde.
Hierdie slim voëls kan nie ruik nie, en spoor dus voedsel deur middel van die kleure daarvan op. Hulle moet tot dubbel hul liggaamsgewig in een dag inneem omdat hul energiebehoeftes geweldig hoog is. Dit vat baie krag om hul hartkloppe van tussen 500 en 1300 slae per minuut te handhaaf.
Kolibries hiberneer – iets wat ander voëls nie doen nie. Moet dus nie dink as jy ooit een wat net stillê sou ontdek, dat dit dood is nie. Dit slaap dalk net.