Skip to main content

Nou’s ons in ons donner in (hersiene uitgawe) deur C. Johan Bakkes

Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale. Amper twintig jaar ná die verskyning van C. Johan Bakkes se tweede boek, Nou’s ons in ons donner in tref dit weer die rak – nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk. Dit is ’n terugblik sowel as nuwe ervarings/gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.

Casparus Johannes Bakkes is ‘n  skrywer van veral reissketse. Hy is op 21 Oktober 1956 in Stellenbosch gebore as die oudste van vier kinders van die bekende skrywer Margaret Bakkes en die geskiedkundige dr. Casparus Marius Bakkes. Hy is ‘n geoktrooieerde rekenmeester en professor in toegepaste rekenmeesterskap aan die Universiteit van Wes-Kaapland, asook ‘n wêreldreisiger en toergids. Hy is met die kunstenaar Nana Vorster-Bakkes getroud. Sy broer, Christiaan Bakkes, is ook ’n skrywer.

Publikasies:

Moer toe die vreemde in (2001),
Nou’s ons in ons donner in (2006),
Norrevǿk (2008),
To Hell and Gone  (Engelse vertaling van sy eerste twee boeke; 2008),
samoe(r)sa reis (2010),
Oepse Daisy (2011),

Openbaring (2016),
Erfgeld is swerfgeld (2020),
Hou die kruit droog (2021).

Bakkes is ’n groot en ongetemde persoonlikheid en geliefde spreker en het al die verhoog gedeel met mense soos Dana Snyman, Valiant Swart en Gert Vlok Nel. Hy is ’n bekende gesig op TV-reisprogramme en is, soos hy dit stel, bereid om ‘uit ’n koek te spring’ vir bemarking.

Leave a Reply