Skip to main content

Die uitkringende skandaal rondom die sakereus Steinhoff het ‘n mylpaal bereik met die beslaglegging op die bates van sy eertydse, omstrede hoof.

Die bewerings rondom die meubelreus, ook dat hy vir jare sy balansstate aan aandeelhouers “vervals” het, word reeds bestempel as die grootste korrupsiesaak in ons land se geskiedenis.

Die netto waarde van Steinhoff se destydse uitvoerende hoof, Markus Jooste, word op $400 miljoen beraam. Ná vyf jaar se regsgedinge kon die Suid Afrikaanse Reserwebank uiteindelik vandeesweek beslag lê op van Jooste se bates.

Onder die bates tel ‘n luukse woning in Hermanus, die Lanzarac wynplaas, luukse voertuie, juweliersware en kunswerke.

Leave a Reply