Skip to main content

Die Britse premier, Liz Truss, het vandag bedank na net 45 dae in Downingstraat 10.

“Ek het in die amp gekom in ‘n tyd van groot ekonomiese en internasionale onstabiliteit,” het sy gesê. Truss het bygevoeg dat sy verkies is “met ‘n mandaat om dit te verander” – en het gesê sy “kan nie die mandaat lewer” waarop sy verkies is nie.

Truss van die Konserwatiewe Party het reeds koning Charles ingelig en haar bedanking aangebied.

Daar sal ‘n leiersverkiesing binne die Konserwatiewe Party wees “wat binne die volgende week voltooi moet word,” het Truss in haar kort toespraak gesê voordat sy weer agter die deure van nr. 10 verdwyn het.

Leave a Reply