Skip to main content

 

Gert Basson

Die departement van korrektiewe diente het Dinsdag bevestig dat sewe gevaarlike kriminele uit die Grahamstad gevangenis ontsnap het.

Die groep het glo in die vroeë oggendure ontsnap en polisie is tans op soek na hulle.

Die sewe tronkvoëls is glo almal renosterstropers en die departement van korrektiewe dienste is tans besig met ’n ondersoek om te bepaal hoe hulle uitgekom het.

Die gevangenisse is glo almal van Zimbabwe. Hulle name is Nhamo Muyambo, Francis Chitho, Trymore Chauke, Lubuyo September, Abraham Moyane, Simba Masinge en Bennet Kwarrile.

Die departement van korrektiewe dienste het in ’n verklaring ‘n beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met enige inligting rakende die sewe kriminele.

“Hulle is gevaarlike kriminele en mense moet hulle nie probeer konfronteer as hulle gewaar word nie. Inligting moet met die naaste polisiestasie gedeel word.

 “Foto’s van die sewe sal met die publiek gedeel word,” lui die verklaring.

Leave a Reply