Skip to main content

Ná woede en skok deur lede van die publiek oor die feit dat belastingbetalers verantwoordelik was vir die water- en ligterekeninge van regeringsministers met reuse-salarisse, is die netelige kwessie nou eindelik reggestel.

Dìt het vroeër aan die lig gekom dat ministers en adjunkministers in Suid-Afrika, wat onderskeidelik salarisse van tussen R2 miljoen en R2,4 miljoen verdien, jare lank kwytgeskeld is om hulle nutsrekeninge self te betaal.

Die publiek se verontwaardiging met dié stand van sake, het president Cyril Ramaphosa gedwing om die Ministeriële Handboek te hersien.

Na dese sal die kabinetslede nou self, nes die res van ons, hulle water- en ligterekeninge moet betaal.

Leave a Reply