Skip to main content

 

Gert Basson

Die onlangse grusame moord van ’n Duitse toeris in Suid-Arika het veroorsaak dat baie toeragentskappe en internasionale toeriste hulle beplande vakansies na Suid-Afrika gekanselleer het.

Op 4 Oktober het vier Duitse toeriste in ’n Hyundai H1 bussie op die Numbipad gery. Hulle was op pad na die Krugerwildtuin se Numbihek toe die voorval plaasgevind het. Hulle is deur drie gewapende verdagtes gestop en gevra om die deure oop te maak.

Die een toeris het die deure gesluit en een van die verdagtes het hom deur die ruit in die bolyf geskiet. Die man is op die toneel dood verklaar en die drie verdagtes het gevlug.

Intussen is een verdagte in hegtenis geneem en hy het verlede week in die Kabokweni landdroshof in Nelspruit op aanklag van moord en rooftog verskyn.

Dié grusame daad kring breër en het erge nagevolge vir Suid-Afrika se toerismebedryf.

“Ons het die regering gewaarsku oor die nagevolge wat hierdie voorval vir ons toerimse en ekonomie inhou,” sê Manny de Freitas, DA-LP.

Volgens hom het die Amerikaanse ambassade reeds ’n waarskuwing vir sy burgers uitgereik om waaksaam te wees as hulle Suid-Afrika en die Krugerwildtuin besoek.

“Ons stel voor dat die Numbihek vir die interim gesluit word. Daar is geen menslike hulpbronne of infrastruktuur om die plaaslike polisie by te staan om in die gebied misdaad te bekamp nie.

“Die kanse is groot dat nog ambassades waarskuwings sal uitreik en dan kan Suid-Afrika nog meer toeriste verloor,” meen De Freitas.

Leave a Reply