Die South African Transport and Allied Workers Union (Satawu) het hulle lede se werkgewer, Transnet, se 6%-loonaanbod gister van die hand gewys.
Satawu en die United Transport Union (Untu) het begin met stakings ná hulle eise van ‘n salarisverhoging van onderskeidelik 13,5% en 12% deur Transnet verwerp is. Laasgenoemde het ‘n aanvanklike verhoging van 3-4% aangebied, maar dit effe aangepas na 4,5%.
Beide unies dring aan op ‘n verhoging wat meer as die inflasiekoers van 7,6% is.
Die staking is nou vir elf dae in volle swang.