Skip to main content

Kinders van die gode: Die profesie van die bloedpêrel (2) deur Antoinette Venter

Cassandra se ma Janet, ’n kampioenbranderplankryer van Jeffreysbaai, verdwyn een aand geheimsinnig in die see. Sy laat vir Cassandra ’n pêrelhangertjie agter, maar Cassandra kom gou agter dat dit geen gewone pêrel is nie: Dis ’n bloedpêrel gesmee uit godebloed, want beide Cassandra en Janet is afstammelinge van die seegod Poseidon.

In hierdie tweede boek in die Kinders van die gode-reeks reis Cassandra terug in tyd na die stad Atlantis. Hier moet sy die profesie van die bloedpêrel vervul deur te keer dat Poseidon se dogter, Cymo, dié stad en al sy inwoners vernietig.

Antoinette Venter woon saam met haar man, skoonma en vierpotige kinders in die vriendelike kusdorp Jeffreysbaai. Stories fassineer haar van kindsbeen af. Dit verskaf haar groot vreugde om dit te lees én uit te dink.

Die boek kan ook hiér bestel word:

https://www.graffitiboeke.co.za/af/387538/Boeke

Leave a Reply