Skip to main content

Meer donkerte is Suid-Afrikaners se voorland nadat strenger beurtkragfases weer ingestel moes word.

Dit volg nadat die opwekkingseenhede by vyf kragstasies oornag opgepak het, wat Eskom genoop het om fase 4-beurtkrag om 05:30 vanoggend te begin implementeer.

Volgens die kragreus sal hiérdie fase tot verdere kennisgewing geld.

Daar is nog geen verdere inligting bekend gemaak aangaande die probleme by die kragstasies nie.

Leave a Reply