Skip to main content

Die aktrise en stemkunstenaar Franci Swanepoel het Saterdagaand in haar slaap gesterf. Sy was 50 jaar oud.

Die oorsaak van haar dood is steeds onbekend. Franci was die dogter van oud-radioman wyle Nic Swanepoel en die televisievervaardiger Marida Swanepoel.

Franci was ‘n geliefde kunstenaar en veral bekend vir haar uitmuntende vertolking as Toeks Joubert in Binnelanders, ‘n Suid-Afrikaanse sepie. Sy het vir hierdie rol ‘n ATKV-veertjie ontvang.

Sy was ook g’n vreemdeling op die verhoog en televisie of agter die mikrofoon nie.

Leave a Reply