Skip to main content

Die beroepswedders is maar louwarm oor Suid-Afrika se kanse in die T20-Wêreldbeker wat die naweek in Australië afskop.

Die Suid-Afrikaanse sportweddenskap-webwerf Sunbet.co.za beskou die Proteas as vierde gunstelinge en bied wedsyfers van 8.5/1 op die Suid-Afrikaners aan.

Hulle meen Australië (3.6/1), Engeland (4/1) en Indië (4.75/1) is aansienlik groter aanspraakmakers op die kroon.

Beroepswedders samel gewoonlik inligting van oral in om hulle wedsyfers saam te stel en het toegang tot baie meer data as die publiek, soos ons in die Hansie Cronje-debakel gesien het.

Maar die onvoorspelbaarheid van die T20-formaat is dikwels ‘n groot gelykmaker.

Leave a Reply