Skip to main content

Die Amerikaanse nasionale skuld het vandeesmaand vir die eerste keer in die geskiedenis $31 triljoen verbygesteek.

Die Komitee vir ‘n Verantwoordelike Fiskale Begroting het verlede maand beraam dat president Joe Biden se beleid $4.8 triljoen by tekorte tussen 2021 en 2031 kan voeg.

Die nasionale skuld is heelwat groter as die bruto binnelandse produk ($23 triljoen verlede jaar).

Amerika se leningsvlakke het die afgelope dekade skerp gestyg. Volgens die Tesouriedepartement se syfers was die uitstaande staatskuld $10,6 triljoen toe voormalige president Barack Obama op 20 Januarie 2009 sy intrek in die Wit Huis geneem het; $19,9 triljoen toe voormalige president Donald Trump op 20 Januarie 2017 aan bewind gekom het; en $27,8 triljoen toe Biden op 20 Januarie 2021 die leisels oorgeneem het.

Die skuldvlakke kom te midde van rekord-inflasiesyfers, ‘n baie sterk dollar en vrese vir ‘n internasionale resessie.

Leave a Reply