Skip to main content

Woorde dien as die basis van menslike kommunikasie, hetsy dit in spraak of geskrewe vorm is. En net sodra mens dink jy het nog nooit ‘n vreemde woord gehoor nie – en nee, ons praat nie van neologismes/nuutskeppings nie – dan verskyn een op die horison. Of twee. Of meer.

Wie ken nie die oneindigheids-teken (infinity) in ‘n wiskunde-stelling nie? Het jy geweet dit word eintlik ‘n ‘lemniskaat’ genoem? Toemaar, ek ook nie.

Wat noem mens ‘n enkele stuk konfetti? Konfetto!

Daar is ook woorde wat geen vokale bevat nie. Dit kan natuurlik in geen ander taal as Wallies wees nie. Net twee sulke woorde is “crwth” en “cwtch.”

Die woord ‘kwarantyn’ beteken letterlik ’40 dae’ en is afgelei van die woorde quarantina giorni (spasie van 40 dae) uit Italiaans.

Die grootste skok was dat daar ‘n Engelse woord bestaan wat byna 190 000 letters het. Dit is die chemiese naam vir Titin, die grootste proteïen wat aan die mensdom bekend is.

Die woord begin só: Metionieltreonieltreonielglutaminielalanielprolyltreonielfenielalanieltreonielglutaminielprolylleusielglutaminielserielvalielvalielvalylleusielglutamielglisielalanieltreonielfenielalanielglutamielalanielhisti-dielisoleucielserielglisielfenielalanielprolylvalielprolylglutamielvalielserieltriptofielfenielalanielargi-nielglutylglisiel valyl​isoleucyl​seryl​threonyl​seryl​threonyl​leucyl​pro … en gaan aan vir nog lank totdat jy by amper 190 000 letters kom.

Al wat ek wil vra, is hoekom?

Leave a Reply