Skip to main content

George April

Daar was trane van hartseer, maar ook van blydskap toe Hoofregter Vincent Saldanha sy uitspraak in die saak rondom die dood van Robyn-Lee Gertze in die Moorreesburg Hooggeregshof gelewer het.

Die dogtertjie  was ‘n skrale drie jaar oud, toe sy op Sondag, 24 Mei 2015, onverklaarbaar in die sorg van Godfrey Jantjies gesterf het.  Jantjies was destyds haar ma, Ashleen Smit, se kêrel.  Met haar nadoodse ondersoek is bevind dat sy weens erge mishandeling gesterf het.

Dit was Woensdag duidelik dat Jantjies, wat tot 5 jaar direkte tronkstraf gevonnis is, deur die maksimumstraf van vyf jaar van ‘n langer tyd in die tronk gered was.  Saldanha het dit in sy uitspraak in ‘n stampvol hofsaal uitgespel:  “Alhoewel die staat ‘n langer straf wou hê, kan die hof nie afwyk van die maksimumstraf van vyf jaar nie”.

“Dis nou in die hande van die hoof van Korrektiewe Diens, om te besluit wanneer en of Jantjies op parool vrygelaat kan word,” het die regter gesê.

“Huishoudelike geweld in gemeenskappe het vererger, want baie vroue en kinders lewe gedurig in vrees laat lewe.

“Die kinders se regte word te veel in gemeenskappe vertrap, daarom moet  oortreders gestraf word. Drank en dwelms is geen verskoning vir ‘n misdaad nie, maar moet as verswarende omstandighede gesien word,” het Saldanha dit beklemtoon.

Die hofsaak is eers 9 maande na die kind se dood op die hofrol geplaas, met Jantjies en Smith wat eers albei  aangekla was vir moord.  Volgens die regter was daar egter nie genoeg bewyse om moord te bewys nie. Smith was 3 jaar korrektiewe straf opgelê vir nalatigheid, wat sy reeds uitgedien het.

Leave a Reply