Skip to main content

TITEL: Antraks

OUTEUR: Piet van Rooyen

Hierdie boek lees soos strippe, soos ’n Kuifie-boek – vol aksie en drama, skerp, intelligent, met ʼn antropologiese inslag en ʼn groot skeut mensweersin. Dis baie grafies, met eksentrieke karakters. Dis politiek onkorrek en besonder donker, soos Heart of Darkness. Daar is ’n groot skep satire en reddende humor. Daar is iets nostalgies aan, maar hedendaagse kwessies soos aardverwarming en ekologiese probleme word aangespreek.

Piet van Rooyen is ’n veelsydige en produktiewe skrywer van romans, poësiebundels en niefiksieboeke. Sy eerste roman, Die spoorsnyer, wen die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisiein 1993. Hy ontvang hiervoor ook die CNA-prys vir ’n debuutroman. Die olifantjagters verskyn in 1997 en dié roman ontvang in 1998 die M-Net-prys. Hy is professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Namibië.

Publikasies:

1973 Draak op die erf (poësie)
1983 Rondom ’n boorvuur (roman)
1994 Die spoorsnyer (roman
1995
Agter ’n eland aan: een jaar in Namibië (outobiografie)
1997 Die olifantjagters (roman)
2001 Gif (roman)
2002 Die brandende man (roman)
2002 Goedsmoeds (poësie)
2005 Akwarius (roman)
2008 Kwansuis (poësie)
2010 Etosha (roman)
2011 Op soek na Witbooi (geskiedenis)
2012 Rodriguez (roman)
2012 Vaarwel, klein soldaat (roman)
2013 Reisiger te perd: 100 gedigte oor perde (poësie)
2015 Voeëlvry (roman)
2016 Amatola (roman)
2019 By die brandende berg (roman)

Leave a Reply