Skip to main content

Oudpresident Jacob Zuma gaan nie terug tronk toe om sy vonnis vir minagting van die grondwethof agter tralies uit te dien nie.

Die Departement van Korrektiewe Dienste het vandag bekend gemaak dat oudpres. Zuma uit die korrektiewe stelsel vrygelaat is.

Sy vonnis van 15 maande gevangenisstraf het vandag verstryk.

Die voormalige president is in Junie verlede jaar deur die grondwethof tronk toe gestuur nadat hy geweier het om voor die Zondo-kommissie te verskyn.

Hy is na net twee maande op mediese parool vrygelaat, maar die Pretoriase hooggeregshof het in Desember bevind dat sy parool onregmatig is en dat hy terug moet gaan tronk toe.

Hy het egter geappèlleer en die die Appèlhof in Bloemfontein het uitspraak voorbehou. Die hof het vandag nog nie uitspraak gelewer nie, maar die vyftien maande het tot ‘n einde gekom, wat beteken dat sy straf effektief uitgedien is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!