Skip to main content

‘n Regter wat steeds ná 19 maande nog nie ‘n uitspraak gelewer het nie in ‘n saak wat dateer uit Februarie 2021, is verkla by die Regterlike Dienskommissie (RDK).

Die klag teen regter Mngqibisa-Thusi, waar sy ‘n saak oor ‘n dispuut tussen ‘n gesondheidsdiensmaatskappy, Zeal Health Innovations (ZHI), en die departement van militêre veterane op 8 en 9 Februarie 2021 in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor het, se uitspraak is steeds uitstaande. Die uitspraak van die saak is voorbehou op 21 Februarie 2021.

ZHI het die departement van militêre veterane voor die hof gedaag oor onbetaalde fakture ter waarde van R15 miljoen.

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) is ‘n grondwetlike liggaam wat die aanstelling van regters onder oog neem, klagtes oor regterlike beamptes ondersoek en die regering bystaan oor aangeleenthede wat met die regbank verband hou.

Hofsake sonder uitspraak vir 2021 staan op 986.

Leave a Reply