Skip to main content

Nadat hy in die eerste twee wedstryde van die huidige T20-reeks teen Indië nie ‘n enkele lopie kon aanteken nie, het Rilee Rossouw Dinsdag skielik op dreef gekom en sy eerste internasionale honderdtal in die formaat gemoker.

Dit het Suid-Afrika gehelp om die derde wedstryd te wen en Indië hulle eerste nederlaag toe te dien na sestien agtereenvolgende oorwinnings in wedstryde waarin hulle op tuisbodem ‘n teiken moes jaag.

Rossouw het 100* van 48 aflewerings aangeteken. Quinton de Kock het 68 van 43 balle gemoker.

In hul antwoord het Indië goed weggespring, maar op die ou end was die teiken heeltemal te groot.

Leave a Reply